WELKOM BY

Uitspan Retreat!

Uitspan Kampterrein is geleë in die pragtige Tulbaghkom.

Reg rondom ons sien jy die berge. Dis ‘n groen waterryke area met baie bome. Uitspan beslaan sowat 5 hektaar en hier kan mens rustig kom raak. Jy is weg van die stadsgewoel met al die baie geluide. Die terugvoer wat ons gereeld kry is dat die natuur en die stilte mense help om weer perspektief op die lewe te kry.

Visie

Ek en my vrou – Marcel en Riana Vosloo – het in 2022 hierdie bekende kampterrein by die VCSV gekoop. As volgelinge van Christus, is dit ons strewe dat die atmosfeer en die lewenswyse op die kampgronde tot Sy eer sal wees.

ONS PASSIE IS DAT UITSPAN:

‘n Ruimte sal wees waar elkeen wat hier was, geestelik en fisies verfris en vernuwe hiervandaan sal vertrek.

Groepe

Die kampterrein is goed ingerig vir groepe. Kerke, skole, leierskapsgroepe, NGO’s, kultuurorganisasies ens. Daar is 10 slaapkamers wat 104 persone kan huisves. Hoogseisoen is van middel Augustus tot Mei. Veral somertye, langnaweke en spesiale dae is baie gewild. Om ‘n kampdatum vas te maak moet daar met die bespreking ook ‘n deposito betaal word.

Geriewe

Ruim Saal

Daar is ‘n groot saal met 120 stoele en genoeg tafels.

Kombuis en Opwas

Toegerus met ‘n yskas, vrieskas, elektriese stoof met oond, mikrogolfoond en 5 gasbranders. Daar is ook ‘n spens met al die nodige toerusting om kos voor te berei. Kampgangers moet net hul eie eetgerei saambring.

Akkommodasie

10 slaapsale met stapelbeddens. Akkommodeer 104 gaste.

Cottage

Die ‘Fonteinhuisie’ kan apart bespreek word indien nodig. Akkommodeer 4 gaste.

Ablusiegeriewe

Die ablusiegeriewe bestaan uit 12 storte en 11 toilette en 16 wasbakke.

Die Lapa

Die ruim lapa is ‘n heerlike kuierplek en ook ‘n geskikte ruimte vir samesang, eredienste en lesings.

Swembad

Die swembad is 13 meter in deursnee en ‘n groot aantrekkingskrag.

Vlugbalbaan

Daar is ‘n vlugbalbaan in die skaduwees van die populierbome.

Fonteinhuisie (Cottage)

NOU beskikbaar!

Op 2,3 hektaar grond – net oorkant Uitspan – is daar ‘n ‘cottage’, Fonteinhuisie, wat beskikbaar is vir verhuring. Daar kan 1 tot 4 persone kom afsaal en die pragtige uitsig en omgewing kom geniet. Fonteinhuisie is selfvoorsienend van krag en alle geriewe is beskikbaar. Daar kan 1 tot 4 persone kom afsaal en die pragtige uitsig en omgewing kom geniet. Kontak ons gerus vir meer besonderhede by info@uitspanretreat.co.za.