Fonteinhuisie (Cottage)

Op 2,3 ha grond – net oorkant die rivier van UITSPAN RETREAT – is daar hierdie huisie, ideale keuse vir rus en ontspanning en persoonlike afsondering.

FONTEINHUISIE is ongeveer 8 km vanaf Tulbaghdorp en 4 km vanaf die R46 – geleë op die Tulbaghwegpad.

Vanaf Fonteinhuisie het U ‘n 360 grade uitsig van berge, die bekende Waterval en die wonderlike natuurskoon.  Die huisie is selfvoorsienend in krag – Solarpanele sorg vir nodige elektrisiteit.

Daar is 2 slaapkamers wat elk met ‘n dubbelbed toegerus is – dus slaapplek vir 4 persone.  Ons voorsien linne.  Die kombuis is toegerus met ‘n gasstoof en ‘n elektriese yskas/vrieskas. Die badkamer het ‘n stort en ‘n toilet.

Fonteinhuisie is goed toegerus met eetgerei, ‘n ”koffie plunger” en kombuisware soos nodig vir 4 gaste.   Braaigeriewe met ‘n rooster is onder-dak op die stoep.

Dis binne bereik van die `Trouvenues` in die omgewing.   Die omliggende grondpaaie bied veilige fietsry opsies; dis ook maklik om van die huisie na die Waterval te stap.

Fonteinhuisie word ook spesiaal aangebied vir ‘n persoon/persone om as “Retreat” of persoonlike stilwordplek te gebruik. Kontak asb. vir Riana rondom tariewe indien jy/julle die cottage vir hierdie doel vir langer tydperke wil bespreek.

(Indien u ‘n bespreking maak vir ‘n kamp by Uitspan Retreat, kan dit apart gehuur word indien dit nie reeds bespreek is nie.)

Tariewe

Tariewe: 2025 (Minimum 2 nagte)

1 of 2 persone:

R960 per nag

Ekstra persone:

R160 pp per nag

Deposito:

50% van besprekingsbedrag.

Besprekings

Bankbesonderhede:
AJE Vosloo
FNB Tjekrekening
Rek:  526 700 14680

Epos asb. bewys van betaling na info@uitspanretreat.co.za

Tye:  Aankoms:  14:00   Vertrek:  11:00