Ek en Riana was in die bediening vir
38 jaar.
Gedurende hierdie tyd het ons die vrugbare uitwerking van kampe op mense se lewens gesien. Hier vind menigmaal versnelde geestelike groei en innerlike genesing plaas. Dit het dus ‘n hele klompie jare gelede ons droom geword om in die toekoms vir mense die geleentheid te skep om by kampe van die rykdom van Ons hemelse Vader te ontvang. Na aftrede in 2019 het ons gewik en geweeg waar ons ons tentpenne moet gaan inslaan. Ons was verras om in 2020 te verneem dat die VCSV hul Watervalkampterrein by Tulbagh in die mark gesit het.
Ons het na leiding in die Skrif gesoek – juis rondom die woorde ‘fontein’ en ‘water’. Op 5 Desember 2021 het die antwoord duidelik uitgekom in die volgende 2 gedeeltes:
JOHANNES 7:38
As iemand dors het, laat hy na My kom en drink! Hy wat in My glo, soos wat die Skrif sê: ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei’
JESAJA 58:11
Die Here sal jou voortdurend lei; in dor plekke sal Hy jou keel verkwik, jou gebeente sal Hy sterk maak. Jy sal soos ‘n goed natgeleide tuin wees, soos ‘n waterbron waarvan die water nie teleustel nie.
Ons het die Heer se leiding ervaar en uiteindelik in April 2022 die Uitspangedeelte van die terrein gekoop. Ons gebed is dat elkeen wat hier kom, sal kan ‘Uitspan’ en liggaamlik en geestelik verkwik word. Uitspan se water is neutvars water wat 2 km ver direk uit ‘n oog uit die berg kom. Ons vertrou dat die natuurlike en hemelse water vir elkeen nuwe krag sal gee. Ek en Riana is ook beskikbaar vir geestelike gesprekke, boodskappe en programme indien ons daartoe versoek word. Die uitnodiging geld ook vir enige persoon of persone wat ‘Fonteinhuisie’ sal huur.