Feitlik elke tweede kampgroep geniet dit om die sowat 3km na die bekende Waterval hier naby te stap. Party sal dan ook sommer die geleentheid gebruik om af te koel in die verfrissende bergwater.
STAP
Die grootste gedeelte van die gronde rondom Uitspan behoort aan Kaapse Natuurbewaring. Hier is heelwat paaie waar met gemak gestap kan word.
TULBAGH KWEKERY
Nie ver van ons is die bekende Tulbagh Kwekery. Daar is altyd iets vir die oog en hul pryse is van die beste.
TULBAGH DORP
Die dorp Tulbagh is bekend vir Kerkstraat met al sy pragtige Nasionale Gedenkwaardigheid geboue.
WYNPLASE
Daar is 'n aantal bekende wynplase in die Tulbaghkom: Lemberg, Rijks, Saronsberg, Theuniskraal, Tulbagh wynmakery, Twee Jonge Gezellen, Krone ens. Meer inligting is beskikbaar by www.tulbaghwineroute.com
FIETSRY en PERDRY
Fietsry-entoesiaste het 'n verskeidenheid om van te kies. Byvoorbeeld Duikersdrift Winelands Country Escape en Oude Compagnies Post. Besoek www.tulbaghtourism.co.za. Vir inligting oor Tulbagh Perdry Roetes, stuur ‘n e-pos na tht@breede.co.za.